Zille ‘groot bate vir DA in eleksie’

As featured in Die Burger, Netwerk24 and Beeld, Philda Essop writes about the latest SACS data which shows that, when comparing the two leaders (Maimane versus Zille) in February 2019, 52% of DA supporters (3.4-million) preferred Zille over Maimane while a much lower 30% (2-million) preferred Maimane over Zille. Interestingly 17% (1.1-million) of DA supporters preferred them equally.

Sy mag dalk op sosiale media ‘n omstrede figuur wees, maar Helen Zille, uittredende premier van die Wes-Kaap, kan ‘n aanwins vir die DA se veldtog vir 2019 se nasionale en plaaslike verkiesing wees.

Meer kiesers verkies háár bo Mmusi Maimane, DA-leier, blyk uit ‘n peiling wat deur Citizen Surveys onder DA-ondersteunders gedoen is.

Zille tree ná die verkiesing op 8 Mei uit as premier.

Sowat 52% van DA-ondersteuners wat aan die peiling deelgeneem het, het in Februarie vanjaar vir Zille bo Maimane verkies, terwyl 30% Maimane bo Zille verkies het. Onder 17% van die DA-ondersteunders het hulle ewe veel steun.

Zille se gewildheid is, luidens die peiling, selfs hoër in die Wes-Kaap, met 62% van DA-ondersteuners wat haar bo Maimane verkies. In Gauteng het Zille sowel as Maimane 39% behaal in die kategorie vir ewe veel steun. Zille was egter nie ver agter nie met 38% van die respondent wat haar bo Maimane gekies het.

Aan die peiling het 1 300 mense deelgeneem, wat die bevolking ten opsigte van provinsie, ras, geslag, ouderdom en gebied verteenwoordig. Dit is in Februarie vanjaar van aangesig gedoen.

Respondente is ook gevra oor die invloed wat Zille op hul stempatrone sal hê as sy as deel van die DA se verkiesingsveldtog ontplooi sou word. Die resultate toon dat 58% meer waarskynlik vir di DA sal stem, terwyl 29% minder waarskynlik in dié scenario vir die party sal stem.

Politieke partye is druk besig met hul veldtogte in die aanloop tot die verkiesing.

Reza Omar, navorsingsdirekteur van Citizen Surveys, sê Zille word duidelik verkies onder DA-ondersteunders in die Wes-Kaap – sy is voor Maimane met ‘n aansienlike marge.

“Zille het ook aansienlike steun in Gauteng. Die betekenisvolste is dat 58% van DA-ondersteuners meer waarskynlik vir die DA sal stem as sy die DA se verkiesingsveldtog aktief ondersteun. Dit is waarskynlik weens Zille se sterk verbintenis met die party, tot op die vlak dat sy sinoniem is met die DA. Ons kan tot die gevolgtrekking kom dat Helen Zille ‘n belangrike bate vir die DA bly” s ê Omar.