Kleiner partye kry bewyse vir kieshof

Jacob Rooi writes how, according to the latest South African Citizens Survey (SACS) data, just under 17.7-million votes were cast in the election, indicating that an approximate 18.2-million South African adults abstained from the election altogether. Of these adults, just over 9.1-million didn’t register to vote and just over 9.1-million of the registered voters did not turn up at the polls. Read full article here:

Die stof hed nog nie gaan lê oor onreölmatighede in die 2019-verkiesing nie.

‘n Komitee van kleiner, ontevrede partye hou skoon hul lyf speurder om bewyse vir die kieshof te versamel, het genl. Bantu Holomisa, UDM-leir, Vryday gesê. Holomisa sê daar was gevalle waar stemstrokies na munisipale kantore geneem is vir die aantekening van die stemtotale sonder dat al daardie strokies deur partyagente geteken is.

Die partye maak nou lyste van die name van die voorsittende beamptes wat dit toegelaat het.

Holomisa sê politieke partye word gestraf vir die foute van OVK-amptenare, soos om nie alle stembriewe te stempel nie. Sulke stembriewe is as bedorwe stemme getel, waarwan daar in die afgelope verkiesing 235 472 (nasionaal) en 204 847 (provinsiaal) was.

“Indien bedorwe stembriewe ‘n party was, was dit die sesde grootste party in dié verkiessing,” het dr. Ivan Meyer, ondervoorsitter van die DA se federale uitvoerende bestuur, Vryday gesê.

Die Verkiesingskommissie (OVK) het nie op navrae gereageer nie. Die OVK het Donderdag in ‘n mediaverklaring gesê ‘n oudit het aangetoon daar was ‘n “geringe risiko” van dubbelstemmery. Minstens 20 mense is kort ná die verkiesing in hegtenis geneem omdat hulle glo twee keer gestem het.

Die OVK het Risenga Maluleke, die statistikus-generaal, verlede week gevra om onafhanklik ondersoek in te stel na ‘n verteenwoordigende steekproef van 1 020 stemdistrikte oor die land heen om vas te stel hoe wydverspreid dubbelstemmery was. Die finale verslag het bevestig dat die risiko van dubbelstemmery wel bestaan het. Maluleke het ook die gebruik bekyk van die art. 24 A-vorm, wat kiesers kon invul as hulle buite hul stemdistrik stem. Die kommissie was egter tevrede dat die voorkoms van sulke stemme in ooreenstemming was met vorige verkiesings. In net 13 van die 1020 gevalle was daar ‘n beduidende patroon-afwyking.

Intussen beoog die DA in die Vrystaat om ‘n klag van bedrog aanhangig te maak indien hy nie ‘n goeoe verduideliking kry oor die “vermiste” DA-stemme in ‘n stemlokaal by die Höerskool Sentraal in Bloemfontein nie.

Die stemme is intussen opgespoor.

Die voorsittende beampte het glo nie die korrekte uitslagkaart aan die provinsiale verkiesingskommissie verskaf nie en die DA se 1234 stemme is as nul aangedui.

Werner Horn, DA-veldtogbeswtuurder in die Vrystaat, sê Itumeleng Liba van die OVK in die Vrystaat het ‘n verslag aan die nasionale OVK gestuur.

Wouter Wessels, VF Plus-lid in die Vrystaatse wetgewer, sê by die stemtent in N.P. van Wyk Louw-straat in Langerhovenpark is sowat 400 nasionale stemme vir die VF Plus uitgebring, maar die party se getal provinsiale stemme is aangedui as nul.

“Ons glo dis onbevoegdheid. Ons glo nie daar is ‘m sinistere plan om sekere partye te benadeel nie.” Hy sê die OVK het erken dat hy ‘n probleem het met voorsittende beamptes. Die kommissie het sy gebruik laat voor om skoolhoofde en onderwysers te gebruik omdat die vakbonde kapsie gemaak het.

Intussen het Citizen Surveys bevind ‘n bietjie minder as 17,7 miljoek kiesers het gestem, terwyl 18,2 miljoen stemgeregtigdes weggebly het.

“Van dié wegblyers was presies die helfte (9,1 miljoen) nie geregisteer nie. Dié wegbly-vlakke bring die legitimiteit van ons demokrasie in gedrang,” het Reza Omar, strategiese navorsingsdirekteur van Citizen Surveys gesé.